Sandvlooi’s Weblog

Just another WordPress.com weblog

sing saam my September 1, 2008

Filed under: Uncategorized — sandvlooi @ 7:49 nm
Tags: ,

Ek is deur Sandra getag en gevra wat laat my sing?
Met ander woorde wat maak my hartjie bly?
Die lewe is ‘n lied, soms nie altyd een van vrolikheid nie, maar Ons Vader het die lewe gemaak met seisoene, en daarom verskillende liedjies met verskillende siesoene.

NOGTANS SAL EK IN MY HERE JUBEL -

SAL EK JUIG IN GOD MY REDDER!!
 
 
 

 

Eerstens – sing my hart altyd van God se goedhied en guns in my lewe.
Ek is vergenoegd in dit wat ek is en met dit wat om my is, so dit vat nie baie om my te laat jubel nie. En dan materialisme is die laaste ding wat my beindruk,
want geen geld kan daardie innerlike lied in jou hart koop nie.
God lewe in my, om my, en deur my!
En daarom sien ek myself as Sy instrument,
‘n Viool…
‘Ek speel sag in die agtergrond, ek blend in by die ander instrumente, maar boy , wanneer dit my beurt is vir ‘n solo, … is ek wel in staat om my toerusting en instrument te gebruik soos die Gees my lei.
Dan is daar :-
Die man van my drome, die man
aan my sy en die man in my lewe,
Hy laat my rock en roll.
Hy is my maatjie, my enigste maatjie, my man vir wie ek oneindig lief is en wat ek weet vir my lief is, hys my konfedant, by hom kan ek skinder sonder om sleg te voel of te wonder of hy my geheim gaan uitlap, hy is die hoof van my en ons huishouding- net soos ons Vader dit van hom verwag, hy is ‘n ware man van God. En ‘n goeie dadda vir sy seuntjie.
En natuurlik is hy my baklei maat, wanneer al die gevoelens en hormone oorborrel dan is hy ongelukkig -gelukkig die naaste een om dit op uit te haal, en dit gese is hy dan ook die enigste persoon wat my tot bedaring kan bring,en dit als in ‘n kwessie van minute….
Behalwe, vir my geestelike kant is hy die punt waarom my aarde draai .

Natuurlik ook :-
Die kleiner man in my lewe. Hy kan my laat lag en huil in dieselfde asem.Ons het 13 jaar vir die mannetjie gewag, en glo my dit was die seer en wag die moeite werd. Hy is ons more lied. Veral wanneer hy in die oggend vir mens se… “opstaan, opstaan die son is uit en die voeltjies fluit!!”Dan maak dit nie saak hoe vroeg dit is nie, mens wil hom sommer net opvry.
Ek moet se dit is die grootse geskenk wat God vir my kon gee, en watse geskenk is hy nie,…so klein as wat my kosbare sonstraaltjie is,
- bid hy vir sy mamma en dadda.Wat ‘n groot blessing!!
 

Ek is bevoorreg,-
want ek het ‘n derde man in my lewe…
Een van my boeties,- ek het 4 van hulle,maar Jay bly by ons, ons het saam besluit om te kyk watse avontuur ons uit die lewe kan kry met ons Vader aan beheer van die stuur.Ons kom baie goed oor die weg en is baie lief vir mekaar.Ons kan ook goed as ‘n eenhied saam werk, veral aan spesiale projekte.Ek is nou nie ‘n eksentrieke mens nie maar ek is beslis omring deur ‘n hele paar van hulle. En dit laat my die lied van die lewe sing.
SING MET MY DIE LIED VAN DIE LEWE
SING MET MY VAN JONK EN OUD
DIE LEWE GEE SOVEEL MOOIE DAE….
Dan is ek:- ‘n Bos kind! Ek lief die natuur, in enige vorm of aard. Ek is mal oor die laeveld en Botswana se wildlewe en natuurskoon.Selfs in die droogste seisoen is dit beeldskoon, maar natuurlik met die draai van die siesoen en die eerste reen, is alles asof dit net asemrowend word.Geen woorde kan die natuur se natuurskoon beskryf nie.
Dit is vir my soos musiek in my ore, wanneer die doring bome oor die laeveld le soos ‘n canopy,- met die sonbesies wat oorverdowend suis, en met die geroep van ‘n groet uit die visarend se sterk snawel!
Daar in die bos tussen jou en die wolke daar bo, op ‘n klip of ‘n rots met water in die agtergrond,
…dis daar waar ek myself weer vind en regroup….
Ek is mal oor tuin maak,
ek hou daarvan om van ‘n lee stuk grond ‘n klein paradys te maak.
Dit is baie goeie terapie vir my, en die lekkerste kuier tyd saam met my man, want soos alles doen ons dit saam en geniet ons dit ongelooflik baie!
So ja ek trek swaar hier in die UAE, want ons is nog so tussen die boom en die bas, en ja ons leer nog van die weer hier, Ekt gesien hier is maar nie veel plante wat van hierdie woestynweer hou nie.
Van al die plante wat ons gekoop het, was dit net my 2 hibuscus plante wat oorleef het, maar net.

Ek geniet ‘n goeie movie, verkieslik goed met lewens verhale in,
Ek is nie ‘n wafferse leser nie maar geniet gospel fiksie.
Dit is my lied in kort.
DIE HERE MY GOD
GEE VIR MY KRAG
HY MAAK MY VOETE
SOOS DIE VAN ‘N RIBBOK
OP HOE PLEKKE LAAT HY MY VEILIG LOOP!
Habakuk 3:17-19
Ek tag vir Dorette, Jata..-en enige iemand anders wat nog nie getag is nie en wat met ons van julle self wil deel.

 

 

Sharjah Akwaruim Augustus 30, 2008

Filed under: Uncategorized — sandvlooi @ 12:37 nm
Tags: ,
Ons het die lang pad aangedurf om bietjie te gaan verken. Die keer nog n bietjie verder as wat ons al gery het. Sharjah is die emiraat aan die anderkant van Dubai, so ons het letterlik deur Dubai gery om da uit te kom. Met die gebouery is Sharjah so te se een met Dubai.

Die aquarium is splinternuut as mens dit so kan stel. Hulle het die jaar (2008) oopgemaak, en het al oor ‘n 100 000 besoekers gehad. Dit wys jou maar net daar is n behoefte aan natuurlewe. Hier bo,- is die ontvangs, wat jou baie welkom laat voel en die afwagting groot maak op wat kom…..
Jy word gesoen groet deur een van die ou groottes……Welkom
Die Aquarium huisves 30 verskillende spesies visse, wat hulle wil vergroot na 50 met die verloop van tyd. Ons het wel die gevoel gekry dat dit nog aan die begin stadium is. Want die tenke is asemrowend maar die inhoud aan die yl kant.

Ten spyte daarvan, bly dit mooi en rustig om rond te kyk na verkillende kleure en vorms van vislewe.

Hier bo is n glasbrug waaroor mens loop, dit vorm deel van die vis tank. …………Dit toets die geloof………..”walk by Faith”


Die boonste tank was n gunstelling, dit was baie kleurvol, en al het ons nog nie self geduik nie, skep dit n goeie prentjie van hoe dit moontlik lyk in hul natuurlike omgewing.


Die hoof doel van die aquarium is die fokus op karakter-

eienskappe van die UAE se see lewe. So ook die bewaring daarvan.



Hier leer hulle ons dat bome nie net daar is om die woestyn groen te laat lyk nie,

maar dat dit wel ook ‘n doel in hierdie ekologie dien.

Hierdie is Mangrove bome en hulle is die enigste bome wat in modder soutwater groei.

en hulle wortels absorbeer suurstof uit die lug uit en sit dit weer terug in die water, en dit help weer vir die voorplanting van sekere vis soorte. Dit bied ook skuiling vir klein vissoorte en die se kleintjies.


Die tonnel hier onder skep die gevoel van onder die water loop.
Die 2 pylsterte so bo jou kop.


Dan kom jy weer by die begin punt uit, en da vra jy, is dit, dit? Want n ou klein seuntjie wou n regte haai sien, en ons het uitgekom sonder om een te sien. Toe moes daar groot verduidelik word,….Want wat se mens vir n ou slim seuntjie as daar n groot advertensie bord by die ingang van n haai is….en jy nie een te siene kry nie (hier onder is hy).



Maar op die ouend het hy net die “visse in die bottels” soos hy dit se geniet, …So het ons ook op nuuts iets geleer.

Maak nie saak hoe groot of klein die ‘bottel’ gemaak word nie. Die Skepperhand skep lewe, anders sou ons na lee bottels gaan kyk het . Want lewe kan die mens nie skep nie.