Ek is deur Sandra getag en gevra wat laat my sing?
Met ander woorde wat maak my hartjie bly?
Die lewe is ‘n lied, soms nie altyd een van vrolikheid nie, maar Ons Vader het die lewe gemaak met seisoene, en daarom verskillende liedjies met verskillende siesoene.
NOGTANS SAL EK IN MY HERE JUBEL -.jpg)
.jpg)
SAL EK JUIG IN GOD MY REDDER!!
Eerstens – sing my hart altyd van God se goedhied en guns in my lewe.
Ek is vergenoegd in dit wat ek is en met dit wat om my is, so dit vat nie baie om my te laat jubel nie. En dan materialisme is die laaste ding wat my beindruk,
want geen geld kan daardie innerlike lied in jou hart koop nie.
God lewe in my, om my, en deur my!
En daarom sien ek myself as Sy instrument,
‘n Viool…

‘Ek speel sag in die agtergrond, ek blend in by die ander instrumente, maar boy , wanneer dit my beurt is vir ‘n solo, … is ek wel in staat om my toerusting en instrument te gebruik soos die Gees my lei..jpg)
Dan is daar :-
.jpg)
Dan is daar :-
Die man van my drome, die man
aan my sy en die man in my lewe,
Hy laat my rock en roll.
Hy is my maatjie, my enigste maatjie, my man vir wie ek oneindig lief is en wat ek weet vir my lief is, hys my konfedant, by hom kan ek skinder sonder om sleg te voel of te wonder of hy my geheim gaan uitlap, hy is die hoof van my en ons huishouding- net soos ons Vader dit van hom verwag, hy is ‘n ware man van God. En ‘n goeie dadda vir sy seuntjie.
En natuurlik is hy my baklei maat, wanneer al die gevoelens en hormone oorborrel dan is hy ongelukkig -gelukkig die naaste een om dit op uit te haal, en dit gese is hy dan ook die enigste persoon wat my tot bedaring kan bring,en dit als in ‘n kwessie van minute….
Behalwe, vir my geestelike kant is hy die punt waarom my aarde draai .
Natuurlik ook :-
Die kleiner man in my lewe. Hy kan my laat lag en huil in dieselfde asem.Ons het 13 jaar vir die mannetjie gewag, en glo my dit was die seer en wag die moeite werd. Hy is ons more lied. Veral wanneer hy in die oggend vir mens se… “opstaan, opstaan die son is uit en die voeltjies fluit!!”Dan maak dit nie saak hoe vroeg dit is nie, mens wil hom sommer net opvry.
Ek moet se dit is die grootse geskenk wat God vir my kon gee, en watse geskenk is hy nie,…so klein as wat my kosbare sonstraaltjie is,
- bid hy vir sy mamma en dadda.Wat ‘n groot blessing!!
want ek het ‘n derde man in my lewe…
Een van my boeties,- ek het 4 van hulle,maar Jay bly by ons, ons het saam besluit om te kyk watse avontuur ons uit die lewe kan kry met ons Vader aan beheer van die stuur.Ons kom baie goed oor die weg en is baie lief vir mekaar.Ons kan ook goed as ‘n eenhied saam werk, veral aan spesiale projekte.Ek is nou nie ‘n eksentrieke mens nie maar ek is beslis omring deur ‘n hele paar van hulle. En dit laat my die lied van die lewe sing.
SING MET MY DIE LIED VAN DIE LEWE
SING MET MY VAN JONK EN OUD
DIE LEWE GEE SOVEEL MOOIE DAE….
Dan is ek:- ‘n Bos kind! Ek lief die natuur, in enige vorm of aard. Ek is mal oor die laeveld en Botswana se wildlewe en natuurskoon.Selfs in die droogste seisoen is dit beeldskoon, maar natuurlik met die draai v
an die siesoen en die eerste reen, is alles asof dit net asemrowend word.Geen woorde kan die natuur se natuurs
koon beskryf nie.
an die siesoen en die eerste reen, is alles asof dit net asemrowend word.Geen woorde kan die natuur se natuurs
koon beskryf nie.Dit is vir my soos musiek in my ore, wanneer die doring bome oor die laeveld le soos ‘n canopy,- met die sonbesies wat oorverdowend suis, en met die geroep van ‘n groet uit die visarend se sterk snawel!
Daar in die bos tussen jou en die wolke daar bo, op ‘n klip of ‘n rots met water in die agtergrond,
…dis daar waar ek myself weer vind en regroup….
ek hou daarvan om van ‘n lee stuk grond ‘n klein paradys te maak.
Dit is baie goeie terapie vir my, en die lekkerste kuier tyd saam met my man, want soos alles doen ons dit saam en geniet ons dit ongelooflik baie!
So ja ek trek swaar hier in die UAE, want ons is nog so tussen die boom en die bas, en ja ons leer nog van die weer hier, Ekt gesien hier is maar nie veel plante wat van hierdie woestynweer hou nie.
Ek geniet ‘n goeie movie, verkieslik goed met lewens verhale in,
Ek is nie ‘n wafferse leser nie maar geniet gospel fiksie.
Dit is my lied in kort.
DIE HERE MY GOD
GEE VIR MY KRAG
HY MAAK MY VOETE
SOOS DIE VAN ‘N RIBBOK
OP HOE PLEKKE LAAT HY MY VEILIG LOOP!
Habakuk 3:17-19
Ek tag vir Dorette, Jata..-en enige iemand anders wat nog nie getag is nie en wat met ons van julle self wil deel.
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
Onlangse Kommentaar